Eers het Jimmy Choo Nicole Kidman gevra om die ster van hul nuwe veldtog te wees. En nou gaan bekende Britse argitekte en ontwerpers deel word van ’n veldtog om Jimmy Choo-winkels wêreldwyd 'n nuwe voorkoms te gee, berig Vogue.

Die eerste onthulling gaan tydens die Amerikaanse lente van 2014 by die Beverley Hills-boetiek wees.

Die argitekte, David Collins Studio, is veral bekend vir die binnehuise ontwerp van die Alexander McQueen-winkels (wat die hertogin van Cambridge, Catherine se trourok ontwerp het). Hulle het ook al luukse restaurante en kroeë ontwerp. Kyk hier na hulle pragtige projekte!

“Ons werk nou saam om ’n nuwe 'argitektoniese taal' vir Jimmy Choo te skep wat ons kliënte se ervaring in ons winkels uniek sal maak,” het Sandra aan Vogue gesê. Sy wil ’n meer ontspanne gevoel by Jimmy Choo se glansryke grasie inwerk.

David Collins sê hy ontwerp vir mense wat skoonheid geniet en glans verstaan, maar terselfdertyd prettig, sexy en stylvol is. “Met ander woorde: die Jimmy Choo-kliënt”.