Baie idees het in my kop opgekom en elke dag was anders,ek het eenvoudig net nie geweet wat ek wou he nie. Ek wou 'n eenvoudige rok he maar steeds moet dit eligant en vroulik wees. Ek het op die internet rond gekyk vir idees en ek sien toe 'n rok wat my hart laat klop en dit was presies wat ek wou gehad het 'n rok wat my soos 'n sprankelende jong dame sou laat lyk. Kyna House of Design kon nie wag om te begin nie,hulle almal was so spontaan en baie hulpvaardig gewees. Die insperasie van die kleur van my rok moes my soos 'n prinses laat lyk en voel, 'n kleur wat vroulikheid uitbring en vrolikheid uitbeeld. Die konings-blou komplimenteer my kleur hare en vel. My grootste dank gaan aan my kerel,ouma en God sonder hulle sou niks moontlik gewees het nie.Die aand was 'n fees en al my drome het waar geword so 'n dag sal nooit vergeet kan word nie.

Sien alle inskrywings