Ek het oorspronklik n ander rok beplan en in gedagte gehad vir matriekafskeid maar dit het nie ons begroting gepas nie want dit het baie materiaal nodig gehad vir die romp met al sy details. Toe moes ek n ander snit kies in n kort bestek van tyd. Ek was deur n klomp tydskrifte maar niks was vir my uniek en spesiaal sou ek dit net so vat nie. Op die ou einde het ek twee rokke in een gekombineer vir iets heel anders as al die rokke wat ek al gesien het. My inspirasie was om dit stylvol met klas te maak en met n grasieuse voorkoms.

Sien alle inskrywings