Meisie droom van kleins af oor troudag, maar soos sy ouer word, besef sy dat sy eers haar matriekafskeid gaan hê en begin droom van haar ideale matriekafskeidrok. Ek droom ook al van kleins af oor my matriekafskeidrok en het al in die laerskool prentjies bymekaargemaak. Die tyd het aangestap en matriek het nader gekom en die droom het 'n werklikheid geword. In Gr.11 het my pa en sy sussie 'n weddenskap aangegaan oor iets wat my behels en my tannie het gesê dat as sy wen sal hulle my droomrok vir my laat maak. Sy het gewen en vir my 'n ontwerper in Parys, Vrystaat opgespoor - Michael Bezuidenhout. Ek het vir my eerste sessie na hom gegaan met al my deurmekaar idees en prentjies/inspirasies en so het hy deur na alles te kyk, my lyf en persoonlikheid ontleed, my droomrok ontwerp en gemaak. Ek het op ons groot aand verskriklik mooi en elegant gevoel (soos ek nog altyd van gedroom het).Ek was en is nogsteeds ongelooflik dankbaar dat my droom d.m.v 'n weddenskap, my liefdevolle tannie en oom en Michael en sy assistent Alicia se bekwame hande bewaarheid kon word.

Sien alle inskrywings