Ek het nooit regtig geweet hoe my rok presies moet lyk nie. Ek het wel geweet dit moet iets anders wees. Ek is 'n ekstrovert en so moes my rok ook wees. Ek hou daarvan om anders te wees en almal het verwag dat my rok ook anders sal wees. Ek was nog altyd MAL oor leoperd print. Die dag toe ek besluit om te gaan rok soek was hierdie die eerste rok wat ek aangepas het. Ek het daarna nog 'n paar ander aangepas, maar my hart was op hierdie een. Ek het wel getwyfel oor of leopard print nog in die mode is, maar na die versekering van my ma en 'n artikel in 'n online Vogue wat ek gelees het oor die somer modes van 2011 was ek oortuig! Die rok is PERFEK vir my en my persoonlikheid. Die goud en bruin kleure komplimenteer ook my donker hare en vel kleur. Ek het besluit dat eenvoudige oorbelle en een armband genoeg juwele is aangesien die rok alreeds ‘n juweel op sy eie is. Ek het gehou van die wilde “jungle” look en my hare ook bietjie wild laat opmaak.

Sien alle inskrywings