Ek het `n bruidsboek deur geblaai in 2010. Die onderste gedeelte van die trourok het my aandag dadelik getrek. Ek het besluit die dag as ek my matriekafskeidrok laat maak moet dit net soveel valle he. Die boonste gedeelte van die rok voor en agter het ek self ontwerp, aangesien my buustelyn petite is.Ek wou my rug beklemtoon en het die ruglyn laag laat sny. Die kleur van die rok is `n Egiptiese goud. Die kleur het ek gekies aangesien ek `n blasvel het en die goud vertoon besonders mooi teen die vel. Elke jaar is dit voorspelbaar watter kleur die meisies kies. In ons skool Overvaal, Vereeniging was ek die enigste matriekulant wat `n goue kleur rok aan gehad het. Alle eer aan Tannie Joey, van Vanderbijlpark wat vir my die rok gemaak het. Ek het soos `n Egiptiese godin gevoel.

Sien alle inskrywings