Jy is 'n trendsetter en jou styl-ikoon is Jenna Lyons, kreatiewe direkteur van 'n internasionale modegroep - as jy mode lééf, sal jy van haar weet.

Jy het 'n passie vir mode en jy weet wat die nuutste tendense is. Jy eksperimenteer graag om jou voorkoms interessant en kreatief te hou.

Jou talent lê daarin om die nuutste voorkoms van elke seisoen stylvol bymekaar te sit sonder dat jy soos 'n Kersboom lyk.

Kry die trendsetter-voorkoms só: