Ek droom al, net soos enige ander tiener meisie, vang jongs af oor my droom matriekafskeidrok. Van die begin van die jaar het ek my oë begin oophou vir oulike idees wat ek in tydskrifte, die internet of op televisie sien. Die basiese doel was: iets wat nie te deftig of te duur is nie, maar wat definitief 'n stelling sal maak, en my persoonlikheid weerspieël. Ek het iets gesoek wat baie vroulik en vloeiend is, nie te erg formeel of te blink nie en dit moes bo alles "pret" wees. En nadat ek 'n rok gesien het wat die aktrise Rachel McAdams vroeër vanjaar gedra het, het ek geweet dis hoe ek wil hê my rok moet lyk!

Sien alle inskrywings