As agtergrond vir die Julie 2010-modesessie het ons die foto's by The Grand in Kampsbaai gaan neem. Ons het sewe plaaslike ontwerpers gekies wat al by 'n internasionale modeweek 'n reeks op die loopplank gewys het. Elkeen moes 'n moet-hê-item uit hul winter 2010-reeks kies. Kyk in SARIE se Julie 2010-uitgawe wat dit is.

My persoonlike gunsteling is die vierkantige top van Black Coffee. Black Coffee se vierkantige top Ons stel bekend:

*Leigh Schubert
  Rosemount Australiese Modeweek in Sydney

*Black Coffee
  Mercedes-Benz Modeweek in New York
  Mercedes-Benz Modeweek in Berlyn

*KLûK CGDT
  Parys Modeweek *Gavin Rajah
  Parys Modeweek *Lunar
  Parys Modeweek
*Errol Arendz
  Hongkong Modeweek

*Clive Rundle
  Parys Modeweek