Ek het begin rondkyk vir idees vir 'n rok. Ek het 2 verskillende prentjies gekry en daarmee begin droom en teken... Die kleure van 'n pouveer groei op my en daarom het ek die kleure en style gekombineer vir my droomrok. Ek wou graag iets "anders" hê in 'n rok en het daarom op 'n kort- en langrok besluit. My niggie se trourok het klein tulle blokkies gehad en dit het my laat besluit om dit op die stertjie-gedeelte te gebruik om die vere-effek te blemtoon. Tannie Karen het aan my droom gestalte gegee hiermee. Om alles te kroon het ek gaan skoene soek. Ek het 2 pare uitgekies en aangepas. Toe die deksel omval het my naam boon-op op dit gepryk!!Tot "Juliette" skoene!! Alles het die prentjie pragtig afgerond en ek kon 'n DROOM-matriekafskeidrok EN Droom-aand beleef.

Sien alle inskrywings