Kettingbandhandsak dis die handsak waarsonder jy dié herfs nie kan wees nie! Stylvol vir die werk en gemaklik saam met jeans. Grasgroen deurgestikte handsak met kettingband chainlink, R1 190, Jo borkett. Bottergeel plooiromp van brokaat R2 200, KLûK CGDT. Beige moulose bloes van georgette R950, House of Fashion. Vergulde ring R189 en vergulde ring met sjampanjekleurige sirkoonstene R439, albei Sequoia. Vergulde oorbelle R1 100, Ida Elsjé @ Mungo & Jemima. Groottes
Bloes: M
Romp: s

Maksi-Romp Dié romp het geseëvier tydens die vertoning van ontwerpers soos Michael Kors en Dolce & Gabbana se Herfs/winter 2011-reekse. Dis ook
hier ’n wenner.

Vlootblou-en-wit lang romp van chiffon R1 699, Habits. Vir soortgelyke lang rompe besoek jou naaste kettingwinkel soos TRUWORTHS of Foschini. Swart moulose top van katoenmengelstof R269,95, Billabong. Rooi gevlegte belt van kunsleer R299, Slick. Verskeidenheid halssnoere van metaal vanaf R99 elk, Accessorize. Swart enkelhoogte-seilskoene R430, Converse @ Street Fever. Groottes
Romp: 32 – 34
Top: 6 – 14
Maksi-Romp
Blinkers Blinkers Glinster soos ’n voorbladmodel in ’n blinker-top as jy op pad is na ’n skemerkelkie. En as jy dapper is, belê gerus in ’n baadjie met blinkers. Bronskleurige moulose top met blinkers R899,95, Witchery @ Stuttafords. Swart tuxedo-baadjie van keperstof R895, Dillon & Jada. Swart broek van katoenmengelstof R699,95, Mango. Swart-en-wit ooptoon-hakskoene van leer R999, Aldo. Groottes
Top: S – M
Broek: 28 – 38
Baadjie: 32 – 36
Tweedbaadjie
Coco Chanel se baadjie is weer warm nuus vir Herfs 2011. Dra dit stylvol booor ’n rok of selfs by jeans.
Swart-en-wit tweedbaadjie (R1 199), Nicci Boutique. Koraalkleurige tuniek van sy-chiffon (R599), Mari and Me. Halssnoer van fyn metaalstringe wat geknoop is (R299), Slick. Groottes
Baadjie: S – XL
Tuniek: S – L
Tweedbaadjie
Ketting Halssnoer Kettinghalssnoer Van ’n enkele halssnoer tot ’n groepie. Dit maak enige uitrusting in ’n japtrap modern. Vergulde halssnoer R400, tessa Design. Perske-pienk bloes van sy R599, Witchery @ Stuttafords. Groottes
Bloes: 6 – 14
70’s-broek Vir Herfs 2011 is ’n verskeidenheid style gewild, maar die nuutste kry inspirasie uit die 70’s. Dié vleiende snit is noupassend oor die heupe, los oor die bobene en wyer na onder. Sy-en-denimbroek in 70’s-snit R1 800, Klûk CGDT. Wit bloes met blompatrone en valle R599, Carducci. Blougroen belt van kunsleer R299, Slick. Silwer ring met geel steen R545, Slate. Bonkige roomkleurige armband R299 en bloospienk puntinsteekskoene van leer R999, albei Witchery @ Stuttafords. Groottes
Broek: 30 – 40
Bloes: 28 – 42

70&aposs-Broek
Kant Kant Of dit nou ’n top of ’n romp is, ’n kant-item moet jy hê om jou vroulikheid te beklemtoon. En die tekstuur is heerlik vir die tussenin herfsweer. Swart kanttop van katoenmengelstof R799, Nicci Boutique. Donkerblou reguitpypjeans R599, 95, Mango. Ooptoonhakskoen met swart-en-wit tandruitpatroon
R1 190, Errol Arendz.
Groottes
Top: S – XL
Jeans: 28 – 36

Militêre jas ’n Klassieke staatmaker wat by enige item in jou klerekas stylvol lyk. Victoria Beckham is ’n groot liefhebber van dié jas. Kameelkleurige militêre jas van katoenmengelstof R499,95, Kelso Career @ Edgars. Blou kantrok van sy R1 550, House of Fashion. Vergulde oorbelle R125, A-list. Groottes
Jas: 8 – 16

Militêre jas