Ek het uiteindelik my WOW rok wat al my verwagtinge oortref het, gekry! Deur my lys van afkeure, wat ingesluit het dat ek nie soos 'n cupcake of soos 'n geskenk met 'n groot strik wil lyk nie, in gedagte te hou, is al my vereistes tot die punt uitgevoer. My rok is uit en uit 'n weerspieeling van moderne vintage en elegansie. Duifgrys skakering is klassiek, neutraal, natuurlik en my gunsteling kleur. Michael Bezuidenhout en sy assistent Alicia het uit hulle pad gegaan om my so spesiaal as moontlik te laat voel met elke aanpas-sessie. Michael het ook gesorg vir bypassende skoene en juwele om my WOW rok daarmee te komplimenteer en ek kon my WOW rok met volkome selfvertrou dra en beeldskoon voel daarin!

Sien alle inskrywings