Hierdie is nie net enige Little Black Book nie, dis ‘n glinsterende en opwindende uitgawe met vele bekende gesigte, wat elkeen die baadjie op verskillende maniere dra.  Die wêreld se bekendste sterre - onder meer sangers, akteurs en modelle pronk in dié uitgawe.  Hier wys al die uiteenlopende bekendes hoe veelsydig die ikoniese baadjie is en hoe elkeen dit hul eie maak. 

Groot name, oud en jonk - onder meer Sex and the City ster en mode-ikoon Sarah Jessica-Parker, Mick Jagger (Rolling Stones) se dogter, Georgina May Jagger, Elizabeth Olsen (die Olsen tweeling se jonger suster) is maar net van die name wat deel maak van die uitgawe. Dis nie net vrouens nie, maar mans ook wat wys hulle kan die baadjie dra, die sanger Kanye West en Theory se kreatiewe direkteur Olivier Theyskens hou beide hulle lywe model vir die spog-boek.

Kyk hier onder hoe Karl Lagerfeld self The Little Black Jacket geskiet het:

Die boek is bekend gestel in Tokyo Maart 2012.  Die swart Chanel baadjie is ‘n vintage item, en pas nogsteeds in elke persoon se klerekas aan maak nie saak wat hul ouderdom, beroep of agergrond nie.

Kyk hier hoe van die bekendes in dié nuwe boek lyk