Ek wou graag 'n vleiende rok gehad het. Ek moet bieg ek't glad nie 'n idee gehad van watter styl ek wou gebruik nie totdat ek die materiaal en die kleur daarvan gesien het - toe het ek my inspirasie. Dit is 'n sagte satyn wat nie toegemaak kan word met baie detail nie, tog wou ek 'n bietjie blink gehad het, want jou matriekafskeid is die glans geleentheid van jou skoolloopbaan. Verder wou ek nie 'n styfpassende rok gehad het nie, maar 'n rok van vloei en my soos 'n prinses op die dansvloer laat voel. Dus het ek toe 'n basiese idee van my rok en tesame met die ontwerper, Noeleen van The Wardrobe, het ons rondgespeel met die blink op die rok. Ek wou ook graag detail agter op die rok gehad het sodat daar iets is om na te kyk soos ek weg stap. My rok het presies vir my gegee wat ek wou hê - elegansie.

Sien alle inskrywings