Kate is een van die wêreld se suksesvolste en bekendste modelle, maar het pas ’n loopbaanskuif gemaak. Sy werk nou ook ágter die kamera.

Die Britse modetydskrif Vogue het vandeesweek aangekondig dat Kate Moss by hul modespan gaan aansluit as bydraende moderedakteur. Haar eerste bydrae sal in die Lente-uitgawe (Maart 2014) van die Britse Vogue verskyn en dit sal die eerste keer wees dat Kate ágter die kamera aan die stuur van sake is. Sy het dus die kans om saam met fotograwe, grimeerkunstenaars en modelle van haar eie keuse te werk.

Kate ontwerp óók!

Kate was self al op 33 Britse Vogue-voorblaaie en in talle modestories in dié tydskrif sedert sy in 1993 met haar modelloopbaan begin het. Haar kennis en ervaring gaan beslis ’n bate vir die publikasie wees. Met haar foto op so baie voorblaaie, en haar gewildheid wat oor die jare toegeneem het, weet sy beslis wat nodig is vir ’n goeie voorblad.

Hier is 'n paar van Kate se bekendste Vogue-voorblaaie: