Nes my ousus! Lottie Moss, die 18-jarige suster van supermodel Kate Moss, is besig om haar eie naam in die mode-bedryf te maak!

Sy het al in ’n paar veldtogte verskyn, maar dis gister aangekondig sy is die gesig van Botkier se lente 2016-veldtog. Die foto's verskyn eers in Februarie, maar dit beloof om Lottie een stap nader aan supermodel-status te gee.

Walkies #tb #teenvogue #london #bulldog

A photo posted by Lottie Moss (@lottiemossxo) on

Lottie is by dieselfde agentskap as waar Kate in die begin van háár loopbaan was. Dié halfsuster van Kate Moss is in 2011 by Kate se troue raakgesien toe sy nog net 13 jaar oud was. Huffington Post het hierna berig dat die modelagent Carole White haar ná dié troue “’n ware Engelse roos” genoem het.

Maar Lottie se ma het destyds gesê dat sy nog te jonk is en dat hulle eers wil wag voordat sy haar in die modelwêreld begeef.

Kate se mooiste voorblaaie

FOTO: Lottie Moss se portefeulje by die modelagentskap, Storm

Lottie en Kate het dieselfde pa, Peter, maar verskillende ma’s.

Kate en Lottie in 2014, waar anders as in die voorste ry by ’n modevertoning:

Nóg suster-pare in die modewêreld

Kate en Lottie is nie die eerste suster-paar wat in die modewêreld opslae maak nie. Kyk deur ons galery na nóg beeldskone susters.