Katryn Kruger, ons plaaslike skoonheid is die nuutste sensasie in die mode wêreld, en watse groter eer is daar nie om te kan spog met n uitgawe in die Japanese Vogue.

Sy is een van 3 modelle wat in die Julie 2012 uitgawe te sien is, maar defnitief die gunstelling aangesien sy die fotosessie ge-open het - A simple plan - wat 'n storie vertel oor al die verskillende kulture in Amerika.

Die wêreld lê behoorlik aan die 17jarige skoonheid se voete, en na haar debut vir een van haar gunstelling ontwerpers, Givenchy in Parys Oktober 2011, was dit maar net die begin van haar blink toekoms vol reis, loopplank werk en pragtige, duursame mode reekse. 

Dis maklik om te sien dat Audrey Hepburn Katryn se styl ikoon is.  Op die loopplank word sy gekenmerk vir haar elegansie en grasie, en word beskou deur kenners as n baie rare skoonheid.  Maar Katryn, ook n kranige netbal speler,  beskryf haarself as iemand wat nie vol tierlantyntjies is nie, maar hoe meer eenvoud, hoe beter. 

Alhoewel sy dol is oor reis, lê haar hart baie na aan die Moederstad, en haar tuisdorp, Kaapstad.  Sy sê die pragtige stad is defnitief bo aan haar lys van top-destinasies, selfs beter as Parys.

Ons sien met trots uit na wat volgende wag op die Kaapse model. Met 'n CV wat spog met mode vertonings vir onder andere Ellie Saab en Valentino, kan dit kan verseker net rooskleurige wees.