In 1998 het kykers die eerste keer die karakter Carrie Bradshaw, gespeel deur Sarah Jessica Parker, in die TV-reeks Sex and the City ontmoet, en die volgende ses jaar was sy vir baie vroue ’n styl-ikoon, veral as dit by haar straatstyl kom. 

In die rolprent Sex and the City 2 (2010) het Carrie ’n T-hemp van die ontwerpershuis Dior saam met ’n formele romp gedra, wat ’n reuse-trend tot gevolg gehad het.

A photo posted by JK FACTORY (@jk.factory) on

En toe ons ’n paar dae gelede die supermodel Kendall Jenner in ’n Dior-T-hemp gewaar, kon ons nie help om haar met Carrie te vergelyk nie. Hoekom? As Kendall of een van die ander vier susters in die Kardashian-Jenner-clan – Kylie, Kourtney, Khloe en Kim  iets dra, is die kans goed dat dit ’n gier gaan word.

Kendall het wel die T-hemp meer informeel saam met ’n jean met omvoupype, deursigtige hoë stewels en visnetkouse gedra.

Of dit nou effekleurig is of ’n slagspreuk, logo, blinkers of kontraspatrone ophet, gaan T-hemde steeds gewild bly in 2017. Skaf gerus ’n paar aan voor die einde van die somer.