Van kleins bou ek lugkastele oor hoe my matriekafskeidrok moet lyk, maar my rok het beslis my wildste drome oortref! Die jaar was ek regtig bevoorreg gewees om 'n gelukkige trekking by my skool te wen, wat 'n matriekafskeidrok by die talentvolle en kreatiewe Wilma Du Plessis, ingesluit het. Nog altyd is ek iemand wat hou van iets wat uitstaan. Ek het vir die ontwerper 'n rofweg skets gegee van my droomrok. Fyn kant en 'n helder kleur was bo aan my lysie. Ook het ek iets gesoek wat stylvol , elegant en treffend sou lyk! Die kleur van die rok het my beslis komplimenteer. Ek wou graag soos 'n prinses voel in die rok en dit is presies wat ek gekry het! Dit was 'n onvergeetlike aand in 'n asemrowende rok en ek sal die herinnering altyd koester!

Sien alle inskrywings