En dié naweek het Khloe op haar beurt weer háár GJC-rok vir liefdadigheid geskenk toe dit vir sowat R964 106 opgeveil is.
Die derde van die Kardashian-'muskietiers', sus Kourtney, het ook in 'n Gert Johan-skepping - wat oorspronklik vir Kim ontwerp is - op die rooi tapyt by die The People’s Choice-toekennings opgedaag en só die kollig laat val op dié plaaslike ontwerper. En dit lyk asof Gert nou 'n gunsteling word onder Hollywood se realiteitssterre, veral toe Kristin Cavallari van The Hills ook vir haar 24ste verjaarsdag in 'n sexy kort Gert Johan-rokkie met blinkers verskyn het. Gert Johan Coetzee oor geleenthede: Gert Johan Coetzee het die mode wêreld behoorlik aan die praat. Dié 23 jarige mode ontwerper glo dat elke dag vir jou oneindige geleenthede inhou, en dat jy dit net moet aangryp. Een só geleentheid wat hy met albei hande aangegryp het is toe Kim en Khloe Kardashian in SA was. Hy het hulle met van sy ontwerpe verras by die Brutal Fruit bekendstelling in Johannesburg. "Ek wou iets groots doen wat hulle voete onder hulle sou uitslaan. Ek het die rokke in pragtige bokse gesit met linte om en briefies geskryf en in elke boks gesit,” vertel hy opgewonde. Toe hulle hom laat weet dat Kourtney een van die rokke na die Peoples Choise Awards toe sou aantrek was hy oorstelp van blydskap. “Dit is die ongelooflikste blootstelling, veral op internasionale front! Die bestellings hou nou nie op met instroom nie!