Wie het gesê jou swembroek is nie ook ’n mode-item nie? Soos enige ander kledingstuk, moet jy ’n snit vind wat by jóú figuur pas. Ons help jou om die beste snit vir jou te kies. 

Elke vrou se lyf is anders en uniek, maar dit beteken nie dat jy onder ’n handdoek op die strand moet wegkruip nie. Met die regte snit kan ’n swembroek jóú beste bates beklemtoon.

Al wat jy moet doen, is om jou liggaamstipe te identifiseer en dié nuttige wenke te volg!

1. Atletiese liggaamsbou

Jou lyf

’n Atletiese liggaamsbou beteken nie noodwendig dat jy atleties is nie. Dít verwys na ’n liggaamsbou wat nie soveel gedefinieerde kurwes het nie. Jy kan ook groter skouers en gespierde bobene en boude hê.

Kies só

  • As jy wel aktief is, kies ’n swembroek wat jou toelaat om te beweeg en nie sal rondskuif terwyl jy strandtennis speel nie.
  • Flous almal deur ’n swembroek te dra wat kurwes skep. Interessante snitte en detail op die regte plekke skep die illusie van kurwes.
  • Detail soos plooie, voue, valletjies en lae materiale sal jou vroulik en sag laat lyk.
  • Dun is jou vriend: smal bandjies aan jou bostuk beklemtoon jou neklyn en ’n dun rek om jou broekie sal jou bene langer laat lyk.
  • As jy selfbewus oor jou agterstewe is, kies ’n materiaal wat ondersteun, maar nie span nie.

Miraclesuit: Jena Miraclesuit: Jena

Maaji Maaji

2. Jy is kort of het 'n kort bolyf

Jou lyf

Jy is kort en wil graag langer lyk of jou onderlyf lyk korter in verhouding met jou bolyf.

Kies só

  • Wees slim en kies ’n swembroek met detail aan die bokant sodat die oog na bo getrek word.
  • Detail om jou heupe of middel is verslankend en gee lengte aan jou middel.
  • Kies ’n broekie wat hoog op die heup sny en wat ’n soliede kleur is.

Full one-piece with frill detail SARIE-winkel: Full one-piece with frill detail (klik op die foto om te koop)

3. Ronde middel

Jou lyf

Jy is selfbewus oor jou maag.

Kies só

  • Helder patrone en motiewe is jou beste opsie om jou middel te verbloem.
  • ’n Marilyn-snit broekie (soos die een hieronder) is deesdae hoogmode en vlei jou middel deur dit te vorm en te beheer (soek na die perfekte een vir jóú, want die lengtes verskil).

Olive argyle underwire bikini SARIE-winkel: Olive argyle underwire bikini (klik op die foto om te koop)

4. Peer-vorm

Jou lyf

Jy het ’n klein bolyf, maar groter heupe.

Kies só

  • Hou die aandag op jou bolyf deur ’n donkerkleurige broekie te dra.
  • Kies ’n kleurryke bostuk met detail.
  • ’n Swembroek wat jou heup en bobeen hoog sny, sal jou bene langer laat lyk.
  • Moet eerder nie ’n broekie met ’n breë band kies nie, want dit kan jou heupe groter laat lyk.

Miraclesuit: BeDazzled Bandeau Gold Miraclesuit: BeDazzled Bandeau Gold

Miraclesuit: NewSonatina Black Miraclesuit: NewSonatina Black

5. Uurglas

Jou lyf

Jy het ’n klein middel, maar jy het groter borste en heupe. Verbloem jou “groter” dele en plaas meer klem op jou middel – dit is jou beste bate!

Kies só

  • Kies ’n swembroek met detail om die middel – dit laat jou middel nóg kleiner lyk en plaas die klem op jou vroulike kurwes.
  • Soek ’n swembroek wat genoeg ondersteuning bied en bandjies wat stabiel en verstelbaar is.
  • ’n Halternek (V-nek-halslyn) sal ook genoeg ondersteuning bied en die interessante neklyn raam jou gesig.
  • ’n Swembroek wat langs die sye donkerder is, sal jou middel maerder laat lyk.
  • Vir ’n uurglas-figuur is bostukke en broekies wat apart gekoop word, ideaal, omdat jy die perfekte grootte kan koop.

Miraclesuit: SequinHighNeck Black Miraclesuit: SequinHighNeck Black

All About Eve All About Eve

6. Lank & lenig

Jou lyf

Jy is lank en maer en het nie juis kurwes nie.

Kies só

  • Strikkies en valle op jou swembroek-toppie en -broekie skep kurwes.
  • Kyk uit vir swembroeke wat jou lyf sal vorm, byvoorbeeld swembroeke met uitgesnyde dele.
  • Helder kleure soos rooi sal ook aandag trek om ’n uurglas-fi­­­­­guur te skep.

Maaji Maaji

9. Seunsbou (reghoekig)

Jou lyf

Jou liggaam is plankreguit – teen jou sye af én aan jou voorkant.

Kies só

  • Skep die illusie van kurwes deur patrone.
  • Wees slim met die kleur van jou swembroek deur liggaamsdele te aksentueer met helder en donker kleure.

Miraclesuit: Aloha Gardens Escape Miraclesuit: Aloha Gardens Escape

Miraclesuit: SocialCircles Amici Black & White Miraclesuit: SocialCircles Amici Black & White

10. Ander opsies

As jy net in die son wil baai, iets ligs oor jou swembroek wil aantrek of net ’n bietjie meer selfbewus is, is hierdie opsies perfek vir jou!

Miraclesuit: Friller Black Miraclesuit: Friller Black

Floral kaftan SARIE-winkel: Floral kaftan (klik op die foto om te koop)

Kyk só na jou swembroek

Chloor, die son, sand, soutwater en sonskerm kan jou swembroek beskadig. Verseker dit langer mooi bly met dié 3 maklike stappe:

1. Dop jou swembroek om elke keer nadat jy dit gedra het en was met ’n sagte seep. 2. Druk oortollige water uit jou swembroek voordat jy dit laat droog word. 3. Moet dit nie ophang nie! Lê dit eerder (buite die bereik van direkte sonlig) plat neer om droog te word.

SWEMBROEK-KOOPGIDS

Miraclesuit: 021 702 3970 / info@slimsuit.co.za / www.miraclesuit.co.za Maaji: 072 749 5904 / maaji@sigarilifestyle.com / www.maajiswimwear.com All About Eve: 021 674 1030 / daniel@southtosouth.com.au

Besoek die SARIE-winkel vir nóg swembroeke.