Vandag is koningin Elizabeth 90 jaar oud. As daar een ding is waarvoor dié koningin onthou gaan word, is dit haar liefde vir helder kleure. Jy sal haar byna nooit in swart of roomkleur sien verskyn nie. Dis bekend dat sy en die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, ’n baie goeie verhouding het. En wie weet, met prins William wat die tweede troonopvolger is, is die kans goed dat Kate ook eendag die titel van koningin sal dra.

Ons is gaande oor Kate se styl en dink sy sal definitief een van dié stylvolste koninginne ooit wees.

Klassieke items vir ’n Kate Middleton-klerekas

Kate het ’n klassieke modestyl en met eenvoudige items kan jou klerekas ook só lyk. Haar klere is stylvol, klassiek en verfynd, en sy dra altyd die regte uitrusting vir elke geleentheid.

Die stempel van dié voorkoms is vroulikheid en die rokke in jou klerekas moet klassieke snitte wees. Jy moenie bang wees vir kleur en patrone nie, want dit hou jou voorkoms modern.

Embed from Getty Images

Hierdie items móét jy in jou kas hê vir so ’n klassieke Kate-voorkoms: