Bloedrooi, sjokoladebruin, groen, kersiepienk . . baadjies, geruite jasse, kabeltruie met groot knope, stylvolle denim . . . dís wat Ackermans vir hul winterversameling beplan. By hul bekendstelling van die komende maande se modes was dit duidelik - helder, vrolike kleure is in. Vandeesmaand is alle skakerings van pienk (die kleur wat die beste in hul winkels verkoop) op die rakke en in April maak ligte periwinkle-blou en skakerings van lila hul verskyning. Die seisoen word afgesluit met druifpers, winterwit en pers-pienk.