KOEL BRIES (foto bo)

Die snoesigheid van pluisstof (fleece) laat jou kans sien vir enige winterwind.

Grys pluisstof-tjalie met kappie (R595), Amanda Laird Cherry. Grys broek van katoenmengelstof (R599), Define @ Stuttafords. 

Tjalie: groottes S - XL
Broek: 32 - 42

Mode-sessie: Junie 2010

 
Gekoester

GEKOESTER

Maak jou uitrusting interessanter met teksture van natuurlike stowwe soos sybokhaar - boonop is dit eie aan SA!
Kort grys poncho van sybokhaar (R499), Nicci Boutique. Blou viskoserok (R460), Nucleus.
Poncho: een grootte pas almal
Rok: groottes S - XL
Warm Gemak

WARM GEMAK

'n Hemp van sy is perfek vir naweekgemak en ook stylvol op kantoor.
Vlootblou-en-grys hemp van sy met kamisool (R799), Trenery @ Woolworths. Onder hemp: Grys top van katoenmengelstof (R230), OBR @ TRUWORTHS. Jeans met uitgewasde voorkoms

(R380, belt ingesluit), OBR @ TRUWORTHS. Blou serp met kabelpatroon (R349), Accessorize. Grys vingerlose handskoene met kabelpatroon (R289), Accessorize. Blou boodskapsak van kunsleer (R1 599), Guess. Wit seilskoene (R499,99), Converse. 

Hemp: groottes XS - XXL
Top: 28 - 40
Jeans: 28 - 40
Reg met ruite

REG MET RUITE

Kry inspirasie uit die Skotse Hoogland met geruite patrone vir 'n egte wintervoorkoms.
Grys baadjie van wolmengelstof met geruite patroon (R2 299), Trenery@ Woolworths.Vlootblou-en-grys katoentop (R1 399), Diesel. Geskeurde noupyp-jeans (R699), Sissy Boy. Gebreide grys mus-serp (R295), Amanda Laird Cherry. 
Baadjie: groottes XS - XXL

Top: XS - L
Jeans: 26 - 38 

Stille Waters

STILLE WATERS

Gereed vir wind en weer in tweed. As jou tweed-item 'n snyersvoorkoms het, kan jy dit ook werk toe dra.
Grys skederok van tweed
(R1 049,95), Mango. Grys-en-swart dip dye-top van katoenmengelstof (R995), Rosenwerth. Blou hareband (snood) van katoen (om nek, R199), Habits. Oranjevoëltjie-borsspeld van springbokvel (R220), Heartworks. Ondeursigtige swart sykouse (R39,95), Falke. Grys skoolsokkies (R14,99), Pep. Donkergrys leer-
stewels
met klinknael-detail (R1 899), Nine West.
Rok: groottes S - L
Top: 32 - 38 
Wol-snoesig

WOL-SNOESIG

In die kil buitewêreld maak wol liggaam en siel warm.
Moulose blou trui van wolmengelstof (R599), Esprit. Grys poor boy-keps van wolmengelstof (R169), Claire's. Grys denimhemp met verweerde voorkoms (R280), Donna Claire. 
Trui: groottes XS - XL
Hemp: 16 - 28
Rotsvas

ROTSVAS

Staan sterk teen die koue in meltonstof. Wees op die uitkyk vir baadjies en jasse met hierdie tekstuur.
Grys baadjie van meltonstof (R550), TRUWORTHS. Lang rok met bamboes-patroon (prys op aanvraag), Amanda Laird Cherry. Blou-en-grys gebreide serp (R130), Foschini. Blou enkelhoogte seilskoene (R320), Levi's.
Baadjie: groottes 30 - 42
Rok: op bestelling