Die Paryse Modeweek is verby, maar die modelesse van dié week gaan ons nog lank bybly - en nie slegs die trends wat ons op die loopplanke gesien het nie, ook die uitrustings van die stylvolle Franse gehoor! 

15 Frans geïnspireerde idees vir jou klerekas

1. Die klassieke swart rok

Collette Dinnigan Collette Dinnigan

Die één item wat altyd as die wen-mode-item aangewys word, is die swart rok - en met goeie rede. Lank of kort; gedetailleerd of simplisties; deftig of gemaklik; hierdie item sal nooit uit die mode wees nie.

Neem tyd om die regte een te vind en belê in ’n swart nommertjie wat perfek vir jóú is.

Kyk hier na ons pragtige swart rokke in die SARIE-winkel.

2. Pêrels

gio1

Die modehuis Chanel het vanjaar vir die betroubare pêrelhalssnoer ’n nuwe baadjie aangetrek. Dra dit groot en bonkig of in breë stringe om jou nek - gewaarborg om dadelik ekstra flair by jou uitrusting te sit.

3. Ou items met 'n nuwe kinkel

Die Franse vroue moderniseer basiese items sodat hulle die nuutste trends volg, maar sonder dat hulle modeslawe word. ’n Eenvoudige swart bostuk met ’n leer-insetsel of ’n trui met klinknaels hou jou in die mode sonder dat jy jou styl prysgee.

Crowl-neck top with pleather en Bouclé jacket with studded neckline

sc1308june25picrfa10019_2

Baroque ’n roll pants

4. Strepe

Plain long sleeve T-shirt

Horisontale strepe herinner nou maar altyd aan Frankryk en ’n piekniek langs die Seine.

Hierdie item is besonder veelsydig, want dit is gepas vir die meeste geleenthede, na gelang van hoe jy dit kombineer met jou bykomstighede.

Plain Long Sleeve T-shirt (links)

Striped Vest en Striped Henley T-shirt

5. Onderklere

Keira Knightley in een van die nuwe Valentino skeppings Keira Knightley in een van die nuwe Valentino-skeppings

Franse vroue bestee glo tot 20% van hul klere-begrotings op onderklere, volgens YAHOO!. Dít is veral belangrik as jy deursigtige klere aanhet, soos Valentino se glansreeks wat sterre soos Keira Knightley dra (regs). Plus, onderklere wat jou vroulik laat voel, is altyd ’n belegging.

6. Denimbroeke

Jou jeans hoef jou nie aan die plaas te herinner nie. Trek dié veelsydige broek aan met deftiger bostukke en bykomstighede.

Denimbroeke is regtig jou beste vriend, maak nie saak wat die kleredrag-kode is nie.

Giovanna Battaglia, redaktrise van die Franse Vogue, en Anna Dello Russo, die redaktrise van die Japanese Vogue, voor hul vlug na Parys Giovanna Battaglia, redakteur van die Franse Vogue, en Anna Dello Russo, redakteur van die Japanse Vogue, voor hul vlug na Parys.

7. Onverwagte kombinasies

Vat kanse! Die Franse vroue kies altyd gemak, maar dis hul kombinasies wat jou verbaas. Kies materiale en patrone wat jy nie normaalweg sou nie en wees spelerig met jou klere!

8. Baadjies en jasse

Die Franse kikker enige uitrusting met ’n interessante baadjie of jas op - dis prakties én mooi.

Kry die mooiste baadjies in die SARIE-winkel.

Alexandra Golovanof Alexandra Golovanoff

9. Wit knopieshemp

Die wit kraaghemp is soos die basiese swart rok - jy kan eenvoudig nie daarsonder klaarkom nie. Dié hemp word soms onderskat, maar dit is baie veelsydig. Dra dit saam met jou denimbroek, ’n romp, los broek, kortbroek, onder ’n trui of bo-oor ’n ander hemp.

Kies ’n hemp wat jou mooi pas en jou bolyf komplementeer.

’n Wit knopieshemp is nog altyd ’n wenner! ’n Wit knopieshemp is nog altyd ’n wenner!

10. Belt

As jou uitrusting vormloos lyk, dra ’n belt daarby. Wanneer jou middel "ingevat" is, gee dit jou lyf ’n baie mooi vorm.

Stella McCartney Stella McCartney

11. Hoede

Veral hierdie seisoen moet jy nie bang wees vir ’n hoed nie! Daar is soveel verskillende style en kleure dat jy beslis een sal vind wat reg is vir jou. Jy hoef nie ’n hoed te dra net as die son skyn nie, wees elegant en laat die hoed jou terugneem na ’n ander era.

’n Stylvolle donkerblou hoed ’n Stylvolle donkerblou hoed

12. Mansdrag

Vroue kan deesdae enigiets dra! Kyk uit vir manlik geïnspireerde klere; dit sal jou gemaklik laat voel en jou vroulikheid sal dié styl ’n nuwe kinkel gee.

Balmain Balmain

13. Hakke

Wees waaghalsig en koop daardie skoene wat jy al so lank wil hê. Hakskoene is nie net vir uithang-geleenthede nie - dis ons reg om dit enige tyd enige plek te dra.

FOTO: Tabitha Simmons se skoenuitstalling by Parys Modeweek (Instagram) FOTO: Tabitha Simmons se skoenuitstalling by die Paryse Modeweek (Instagram)

14. Detail

Fyner detail skree elegansie en styl.

Dit is die detail wat die oog sal trek Dit is die detail wat die oog sal trek

15. Rooi verrassings

Rooi op jou lippe of rooi in jou klerekas, hierdie kleur gee woema aan elke uitrusting.

Foto's: Instagram

Bron: YAHOO! Shine