Die koraal kleur was my inspirasie vir die rok, dit is waar alles begin het. Ek wou graag 'n kleur dra wat niemand anders gehad het nie. Ek is kort en daar is nie baie style wat kort mense pas nie daarom het ek die snit gekies wat my lengte sou gee. Marlene Vermeulen het my rok gemaak, maar toe die rok klaar was het my ma die bandtjies verander en die steentjies opgewerk. Die rok het my minimaal gekos, maar ek weet nou dat jy nie 'n duur rok nodig het om soos 'n prinses te voel nie.

Sien alle inskrywings