Ek was van kleins af behep met mode. Ek het grootgeword tussen dinamiese vrouens wat nie bang was om te eksperimenteer met kleur, tekstuur en krale nie, en ek sal sê dat dit my hoof inspirasie was. Die feit dat ek geleer is dat jy altyd jouself moet wees, en nie bang moet wees om te waag nie. My matriekafskeid was iets waarvan ek nog altyd gedroom het. Prentjies van rokke is al van kleins af in ‘n boksie gebêre met die hoop dat die modes daai tyd nog dieselfde gaan wees. Met my 1.55 meter lange lyf is ek nie iemand wat lang rokke dra nie, nie omdat dit nie vir my mooi is nie, maar bloot omdat ek nie “ek” voel daarin nie. ‘n Prentjie van ‘n mini-rokkie met veertjies aan die onderkant het eendag my oog gevang, en ek het geweet dat ek so iets vir my wil laat maak. Dit is klassiek, maar tog die “iets anders” wat ek altyd in my uitrustings na vore probeer bring. Ek wou nogsteeds die plaasmeisie wees wat kaalvoet kan dans sonder om te blik of te bloos, maar ek wou terselfdetyd soos ‘n prinses lyk en voel.

Sien alle inskrywings