Vandat ek kan onthou was my matriekafskeid 'n dag waarna ek uitgesien het. Deur die jare het my smaak verander van 'n broekpak tot die fyn afronding van wit wat ek op die ou end gedra het. Ek wou 'n kleur dra wat niemand anders sommer sal dra nie en die grootste uitdaging was om die wit, wat altyd net as trou gesien word, so te ontwerp en dra dat dit elegant lyk, aanddrag, maar steeds soos matriekafskeid. Die een persoon wat ek geweet dit gaan regkry was Werner Dey. Almal het verwag dat ek pienk sou dra want ek word beskou as die "pink lady" en dit was lekker om hulle te verbaas. Niemand spesifiek was my inspirasie nie, die rok moes wys wie ek is en dit is presies wat dit was. elke fasset van die rok is wie ek is. Dit was presies dit waaroor ek nog my lewe lank gedroom het en eintlik baie meer. Ek het soos 'n prinses gevoel.

Sien alle inskrywings