Ouderdom is net ’n nommer en keer op keer word hierdie stelling bewys. Die Amerikaanse model en aktrise Lauren Hutton het die afgelope week in ’n advertensieveldtog vir Calvin Klein se nuwe onderklerereeks verskyn – op 73 wil dit gedoen wees!

Die regisseur van die advertensie is niemand anders as Sofia Coppola nie. En sy het die vroue wat in die advertensie verskyn, persoonlik uitgekies. Saam met Lauren in die advertensie is die aktrises Kirsten Dunst, Rashida Jones, Nathalie Love en Laura Harrier. Uma Thurman en Ethan Hawke se dogter, Maya Thurman-Hawke, maak ook ’n verskyning.

Kyk net hoe pragtig is die advertensie:

Luister wat sê Lauren in die advertensie:

Lauren het in haar loopbaan al 26 keer op die voorblad van Vogue verskyn – tot vandag toe ’n rekord.

Maar sy is nie ál ouer model wat nog skitter nie.

Nóg ouer modelle ...

Op 80-jarige ouderdom is die Japannees Deshun Wang steeds op die loopplank. Kyk bietjie hier: Die Suid-Afrikaans-gebore miljardêr Elon Musk se ma het verlede jaar op 68 ’n modelkontrak losgeslaan. Maye Musk doen die afgelope vyf dekades al modelwerk, het in talle Revlon-advertensies verskyn en selfs in Beyoncé se musiekvideo Haunted gespeel.