My insperasie vir my rok was beslis my unieke, sprankelende persoonlikheid!! Ek het geweet wat ek wou hê maar het nie 'n presiese prentjie daarvan gehad nie. Ek het toe na Port Elizabeth se top ontwerper, Anton Randell, gegaan en met hom gesels oor waarvan ek hou en waarvan nie.. hy het my toe dadelik ontleed as 'n bosprinses omdat ek wel op 'n plaas bly maar tog 'n prinses rok wou gehad het! Hy het vir my 'n rok ontwerp en ek was dadelik mal daaroor!! Ek wou my hele matriekafskeid anders en uniek gehad het.. ek wou selfs met my pa se John Deere trekker gaan maar ongelukkig het die weer dit nie toegelaat nie, maar tog het my droom om saam met ingevoerde metgesel vanaf Kaapstad (my broer van 27) my groot aand te deel waar geword en was my aand baie spesiaal!! Dankie Anton vir my "stunning" rok en baie dankie mamma en pappa vir al julle ondersteuning, moeite en liefde.. ?

Sien alle inskrywings