Die inspirasie vir my rok kom van my liefde vir die "Old school Hollywood - look" en definitief Marilyn Monroe. Ek is mal oor 'n "vintage" gevoel as dit kom by rokke en klere. Ek het nooit gedink ek sal 'n rooi matriekafskeidrok dra nie, want vandat ek graad 8 was het ek gedroom oor 'n ivoorkleurige rok met 'n soortgelyke styl. Ek het egter vir een of ander rede besluit op die rooi rou sy met swart kant. Ek het op die ou einde baie van my rok se eind resultaat gehou.

Sien alle inskrywings