Eendag het ek ‘n helder oranje “ding” in my kas sien hang….. my ou revue romp. Ek het dit uit die kas gepluk, voor die spieël ingeklim en ONMIDDELIK geweet dié is my kleur! Ek is nie ‘n meisie wat daarvan hou om in te “blend” nie en nog minder iemand vir vaal en vervelig. So hoekom sou my matriekafskeidrok wees??? Met die wonderlike kleur in gedagte moes ek toe nog net ‘n styl kies. Ek het by Clarris rokke gaan aanpas, maar kon net nie die regte een vind nie. Die winkelassistent bly toe sê al hoe ek die perfekte rok gaan kry, is om self een te laat ontwerp en maak deur Gerrit Pienaar. En raai wat? Net op daardie oomblik was daar ‘n opening in sy besige skedule. Verder nog was daardie dag die laaste dag wat hy bestellings neem. Hoe gelukkig kan ‘n meisie wees! Ek wou uniek, stylvol, elegant, maar nogsteeds verruklik lyk. En om die koppe te laat draai moes ek ‘n bietjie been wys! Ons het sketse opgetrek en voila! Daar’s my fantasmagoriese rok!

Sien alle inskrywings