Die inspirasie van my rok het gekom van 'n musiek video van Christina Perri "jar of hearts". Ek het net 'n paar veranderings daaraan gemaak om dit my eie te maak. Ek voel partykeer ek is in die verkeerde ERA gebore en hou van "OU SKOOL". Ek het self met 'n 1937 Ford "hot rod" by my matriekafskeid aan gekom. Ek wou ook heeltemal anders wees, en het nie vir die tradisionele prinses styl gegaan nie. Ek het nie eers hakke gedra nie.....en ek dink beslis ek was die mees gemaklikste meisie daar.

Sien alle inskrywings