Ons eie Charliza Theron - 'n meisie van die Oos-Rand – was die inspirasie vir my matriekafseidrok. Tydloos en klassiek is sinoniem met haar en net so wou ek vir een aand soos 'n miljoen dollar gevoel het. Dit is 'n droom wat inderdaad waar geword het, HOLLYWOOD hier kom ek! Ek het presies geweet wat ek in 'n rok wou hê en het sommer al Maart maand 'n draai by my ontwerper ,Hans Vosloo-du Toit, gaan maak. Soms het ek selfs hom teen die mure uit gedryf met my unieke idees, maar ek moet sê alles het prentjiemooi uitgedraai – nes ek dit voorgestel het. Ek 'n Oscar-wenner in my eie reg.

Sien alle inskrywings