My rok is geinspireer deur die pragtige rok wat Pippa Midelton gedra het vir William en Kate se troue.Dit is elegant,styelvol en sal altyd in die mode wees. Ek het eerste my skoene gekoop en het daarom besluit om die onderste lagie van die rok silwer te maak omdat dit my skoene sal komplimenteer.Die helder blou-pers kleur is perfek vir die somer se vrolike kleure en is nie te ernstig of dramaties nie, wat pas by my persoonlikheid. Die blou-pers bo-oor die silwer gee die rok lewe en karakter.Die oop rug en die slit is jonk en spelerig. Ek het besluit op die silwer diamante bo aan die rok omdat dit die rok afwerk en perfek pas by my ouma se oorbelle. Dit was die perfekte rok vir die perfekte aand.

Sien alle inskrywings