Ek het aanvanklik nie geweet wat ek wil hê nie. Ek het ook nie 'n spesifieke kleur of patroon in gedagte gehad nie. Ek het op diè kleur afgekom in Fabric City in die Kaap, en het dadelik daarvan gehou. My ma het vir my 'n paar bruidsboeke gebring, en ek was dadelik mal oor die patroon van die rok. Ek het gehoor van die Tannie Maria wat rokke maak, en het haar gekontak. Die eindresultaat van die maak-proses was ongelooflik en ek was baie tevrede.

Sien alle inskrywings