Een aand terwyl ek die Hello tydskrif deur blaai het ek op 'n foto af gekom van 'n model Valentina Zelyaeva met 'n somers rok aan van Ralph Lauren, dit was 'n "halterneck" rok en die boonste deel was van kant,dit het amper gelyk asof die materiaal gehekel was. Na maande se soek het ek geweet dit is hoe my boonste deel van my rok gaan lyk. Die res van die rok het ek self ontwerp. Ek hou baie van Chiffon en het 'n "satin silk" gekies omdat dit 'n effense blink in het en met my neutrale kleur rok het ek besluit dat mint kleur naels bietjie anders sal wees.

Sien alle inskrywings