Ek het eers 'n paar maande voor my afskeid net rond gekrap in tydskrifte en op die internet prentjies gesoek vir idees. Ek't glad nie 'n idee gehad van hoe dit moet lyk of watter styl dit moet wees of niks nie. Ek het toe op Lea Michelle (hoofkarakter van Glee) se navy blou rok afgekom wat sy by die Emmy Awards gedra het in 2010. Dit was eenvoudig en ek was baie tevrede met die styl,veral die kleur. Blou is en was nog altyd vir my vreeslik mooi. Toe ek meer gedetalieerde style en modes 'n maand of so later soek het ek afgekom op Katy Perry se spierwit meermin-styl rok,met verfynde swart kant oor haar skouer,wat sy by die EMA-MTV awards in 2009 gedra het. Ek was dadelik verlief,en het finaal besluit dis wat ek wou hê.Natuurlik 'n risiko om 'n "celebrity" rok te kies,maar ek het net besluit op 'n anderkleur,iets wat MY meer sou pas,en ook my gunsteling...konings blou. My tannie het die rok "to the tee" perfek ontwerp,en meer tevrede kon ek nie wees nie. Ek kon nie vir 'n mooier rok, vir myself,vra nie.?

Sien alle inskrywings