Drie woorde beskryf dié reeks: kalm, sjiek en gemaklik; dit beskryf ook die nuwe Suid-Afrikaanse gesig van Bensimon: Liezel van der Westhuizen.

 

Dis 'n groot eer om gevra te word om die gesig van Bensimon te wees. Dié klerereeks is ideaal vir die SA leefstyl waar gemaklik en sjiek ontmoet, en die sinergie is perfek vir my sportiewe leefwyse en die Bensimon-handelsmerk. Ek was nog altyd gek na hul seilskoen-reeks en is verskriklik opgewonde dat dit ook nou in SA beskikbaar is,"

sê Liezel.


Die Bensimon-reeks is 'n tydlose reeks met 'n moderne elegansie en is 25 jaar gelede deur Serge Bensimon in Parys bekend gestel. Die items in die reeks word gemaak van natuurlike materiale soos sy linne en bamboes.

Beskikbaar in die reeks is:

*Broeke vanaf R1 200

*Rokke vanaf R950

*Tops vanaf R1 300

*Seilskoene vanaf R790

Kontak 011 513 3096 vir jou naaste Bensimon-verskaffer.