Waar kan 'n meisie begin, my inspirasie vir my rok was my wonderlike moeder, sy het van kleintyd af my soos 'n feetjie laat aantrek, en ek het altyd al die mooi prente van rokke in boeke deurgekyk, en altyd gese dat ek eendag so 'n rok wil he, wat perfek vir my as meisiekind sal wees. Ek en my liefste ouma en moeder het deur 'n klomp boeke gekyk en als bewonder, waarop ek en Reane Slabbert besluit het dat die rok die perfte een sal wees. As jong meisie wou ek graag op my beste lyk, toe ek die rok aanpas die 1ste keer het ek geweet in my hart die rok is die mooiste rok wat vir my spesiaal met baie liefde gemaak is.

Sien alle inskrywings