Aan die begin van die jaar het al die meisies by die skool gepraat oor hulle idees vir hul matriekafskeidrokke. Elke keer wat ek so na die gesprekke geluister het, het ek besef ek het nie 'n benul oor hoe ek wil hê my rok moet lyk nie! Dit het my laat besluit om op die internet na idees te gaan soek. Ek het 'n hele paar rokke gevind wat my aandag getrek het, maar uiteindelik was daar een foto wat net daardie "WOW!" reaksie by my uitgelok het. Die rok was perfek! Dit was elegant. Dit was anders en uniek, sonder om oorbodig te wees. Ek het onmiddellik gesê: "Dis my rok!". Die uitdaging was toe net om iemand te kry wat my droomrok kon maak. Na dae se gesoek het ek op Daniele Naude se webtuiste afgekom. Ek het dadelik aanklank by haar ontwerpe gevind. Ek het vir haar die foto gewys, en sy het die rok byna net so van 'n prentjie af gemaak. Ek is steeds stomgeslaan!

Sien alle inskrywings