Ek was nie soos enige ander meisie wat al van kleins af beplan het hoe my rok moet lyk nie, die gogga het my eers in die Junie-vakansie gebyt. Ek het rerig nie geweet waarna ek soek nie, en het toe maar Matriekafskeid-rokke geGoogle, waar ek sekerlik duisende verskillende rokke gekry het - elk met iets wat hom besonders maak. Soos wat ek aangehou soek het, het ek eendag op DIE EEN afgekom. Ek het die prentjie na LA Blues geneem, waar ek hulle ontwerpers - Hanrie en haar vennoot gaan sien het. Ek het hier en daar aan die rok verander, en die kleur gekies. Ek het altyd in my agterkop gehad dat my rok moet blou wees - omdat dit my gunsteling kleur is - maar ek was nooit seker van die regte skakering nie. Daar is dadelik aan my gesê dat my rok beslis iets besonders gaan wees en dat dit veral 'n uitdaging vir die ontwerpers gaan wees, veral met die verskillende pante wat oor mekaar gevou word. Die finale produk was enige meisie se droom - my sprokiesrok was perfek, en selfs baie mooier as waarvan ek kon droom.

Sien alle inskrywings