Ek kom van 'n klein dorp af en die naaste stad is Nelspruit. Dit was op daai stadium die enigste plek om vir 'n rok te gaan soek. Ek wou aanvanklik vir my 'n rok gekoop het en het orals in Nelspruit gaan soek. Ek en my ma het ons moeg geloop na verskillende winkels en het nerens iets gekry waarvan ek gehou het nie. Ons het toe van Angies gehoor en soontoe gegaan. Daar het ek die perfekte rok vir my gekry. Die kleur (pers) het so mooi by my blas vel gepas en die snit was perfek. Dit mag dalk oudtyds klink, maar ek wou soos 'n prinses gelyk het en die rok het my soos een laat lyk. Ek was senuweeagtig oor my keuse, maar het die aand van die matriekafskeid soos 'n droom gelyk. Dit was onvergeetlik en sonder die rok sou dit nie so "great" gewees het nie. Die rok self was inspireerend...

Sien alle inskrywings