Ek is nog altyd gefassineer deur die glansfoto's van Hollywoodsterre, en vir hierdie een aand wou ek dit ook smaak. Daarom was my matriekafskeidvoorkoms 'n spanpoging om hierdie tema vir my 'n werklikheid te maak. Ek wou uitstaan, maar nie om die verkeerde redes nie. Die vlootblou het my koninklik laat voel; die handgemaakte blom met sy baie teksture was soos 'n tikkie somer op my skouer. Dit was 'n baie spesiale aand, maar het so bitter vinnig verbygeskiet dat ek hoop om met hierdie kompetisie die betowering nog 'n bietjie langer uit te rek.

Sien alle inskrywings