Ek het die dag in House of Superior Clothing ingestap met nog geen idee van watter tipe rok ek wou gehad het nie... ek het deur hulle rakke begin kyk en die rok het my oog gevang.. Die kleur was my gunsteling kleur en omdat ek nie tussen pers en blou kon besluit het nie, was hy perfek want hy was blou en pers. Die rok is nie te formeel nie en straal my persoonlikheid baie goed uit.. Toe ek die rok aangepas het, het hy net perfek gesit en ek het geweet DIT is my rok. Die styl het my figuur gevlei - veral die skuinspatroon van bo na onder het my lank, slank en elegant en soos 'n prinses laat lyk - presies wat ek vir my groot dag wou he.

Sien alle inskrywings