My gunsteling kleur was nog altyd skakerings van blou en groen. Vandat ek 'n klein dogtertjie was het ek altyd die blou of groen rok gekies en my sussie die pienk of pers een.My ma-hulle het ongelukkig 'n beperkte begroting gehad en daarom het ek orals gesoek vir iets wat my sak en my smaak sou pas. Dit was so moeilik om 'n rok wat mooi is, my pas en boonop teen die regte prys te kry. Gelukkig het ons Johan van F Wilson ontmoet wat die rok toe spesiaal vir my ontwerp en gemaak het. ... dit was perfek! Ek het nog nooit in my hele lewe so spesiaal en mooi gevoel nie. Dit was 'n wonderlike aand en Fanie was die beste date ooit!

Sien alle inskrywings