Ek wou nog altyd 'n "balrok-tipe" rok he, maar nie iets te styf nie! Ek het na prentjies van rokke op die internet gekyk, en DIE rok daar gesien, ek was dadelik MAL oor die rok! Ek het 'n paar goedtjies aan die rok verander (soos bv die bors speld voor, en die rug van die rok) Om 'n matriekafskeid rok te kies, is nogal 'n moeilike ding, omdat daar soveel goed is waaraan jy moet dink, soos wat by jou figuur pas, die kleur en styl van die rok, asook die gemak daarvan! Ek is baie tevrede met hoe my rok lyk, en verbaas hoe gemaklik dit gesit het! Ek het my rok so gekies dat ek hom weer vir 'n formele geleentheid sal kan dra! My styl vir my matriekafskeid was formeel, met 'n "casual" gevoel, ek het my hare in 'n "messy-updo"-styl gedra, met juweliersware soos krale armbandtjies, en diamante om dit formeel, maar tog gemaklik te hou!!

Sien alle inskrywings