Ons verhuising vanaf Gauteng na Port Alfred het 'n invloed op my matriekafskeidrok gehad: ons was nie meer so naby winkels om na rokke te soek nie en ek wou graag 'n rok gehad het wat my aan die sandduine laat dink, en aan die strand omdat die omgewing so anders as die stad is. Die rok moes ivoorkleur wees en sag en vloeiend met klassieke lyne, soos iets wat Audrey Hepburn of Grace Kelly sou dra. Gelukkig weet ek van Luzanne Barlow, 'n mode ontwerper wat in Parys (Vrystaat) woon. Sy het met ons begroting van R2000 getoor: self die materiaal aangekoop, ontwerp en gemaak met mates en fotos wat oor en weer aangestuur is. Die eindresultaat het soos 'n handskoen gepas en ek gaan defnitief die rok in my tas pak as ek volgende jaar by Stellenbosch gaan studeer. My ma se altyd dat 'n rok goedkoper word hoe meer jy hom dra en ek gaan hierdie rok nog spotgoedkoop dra.

Sien alle inskrywings