Ek was 7 jaar oud toe my suster haar matriekafskeid gehad het, soos in 'n droom het ek vasgenael bly staan toe 'n meisie met 'n wit rok verby my sweef!! Net daar het ek besluit dat my rok ook eendag wit moet wees. Ek het my rok ontwerp uit 'n paar idees wat ek hier en daar gesien het,en bietjie swart ingebring om dit uniek te maak. Dit was fantasties dat ek my droom van baie jare kon laat waar word. Dankie ma en pa dat ek my wit rok kon dra!!

Sien alle inskrywings