Ek is plein en plat op die aarde... Die jaar het aangebreek waarin ek my droomrok vir my eie matriekafskeid kon kry. Ek het nie 'n idee gehad hoe dit moet lyk nie en het op die internet bietjie idees gaan soek. daar het ek so 'n paar prentjies gesien wat my oog gevang het. Na 'n paar woord wisseling met my sussie oor hoe my rok moet lyk het ek besluit. My insperasie was my sussie Jasmijn, my mamma Magda en Trudie Mulder, en natuurlik my liefde vir die natuur. Ek het dadelik geweet dat ek krale werk en blomme uit die krale op my rok soek, maar dit moes min gewees het sodat ek nie "fake" sou lyk nie maar sou lyk soos wie ek is en waarvan ek hou. Ek het my droomrok gehad en as ek weer kon kies sou ek dieselfde prentjie in my kop gehad het oor my rok.

Sien alle inskrywings